Enigiets Anders is Drek!

1994

Wat is jou reaksie op dit wat jy so ver gelees het? Is jy honger vir meer van Jesus? Daar is ‘n noodsaaklike ingesteldheid wat ons moet openbaar as ons wil lewe in ‘n voortgaande, toenemende innerlike openbaring van Hom. Paulus skets hierdie ingesteldheid net voor die gedeelte wat ons pas aangehaal het: “Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” (Fil 3:7-8).

Dit is ‘n wet van die Koninkryk. Ons sal Christus vind tot die mate waarin ons bereid is om enigiets anders as drek te beskou.

Soos Jesus dit gestel het, “Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind” (Matt 10:39). Dit klink na ‘n paradoks, maar dit is waar. Die enigste manier om ware lewe van Jesus te ontvang, is om ons lewens ten volle aan Hom te gee. Ander passies, doelstellings en waardes sal ‘n openbaring van Christus blokkeer. Ons het geen hoop dat Jesus ons beker sal vul as ons Hom nie ‘n leë beker aanbied en Hom daarvoor vra nie.

Kom ons beskou ‘n groep baie normale Christene – dit is, wat God as normaal definieer! Die kerk in Thessalonika het min van ons voordele gehad. Hulle het onstaan in vervolging en lyding. Paulus was slegs in staat om ‘n paar weke by hulle te bly – ‘n paar maande op die meeste – en hy was nie in staat om terug te keer nie. Die Thessalonicense het geen Nuwe Testament gehad nie, en ongeletterdheid en die afwesigheid van moderne drukwerk het toegang tot die Oue ook erg beperk. Die resultaat was dat hulle verward was oor sommige basiese leerstellings, veral oor die Wederkoms. In alle waarskynlikheid was Paulus nie in staat om ouderlinge daar aan te stel nie, dus was daar slegs ‘n “nie-amptelike” leierskap, bestaande uit jong Christene wat gewillig was om verantwoordelikheid te neem en die kerk te lei deur die moeilike uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het.

Tog, wie kon ontken dat die Thessaloniese kerk lewend was met geestelike outoriteit en effektiwiteit in ‘n ware openbaring van Jesus? Kyk na Paulus se getuienis oor hierdie kerk, geneem uit sy eerste brief aan hulle.

Die evangelie het tot hulle gekom “nie in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid” (1 Thess 1:5). Jesus het hulle oë geopen om verby die woorde van die evangelie te kyk sodat hulle dit kon waarneem in die Woord van ‘n aktiewe, lewende, werkende God (2:15). Die geloof, liefde en hoop in Jesus wat hierdie Woord in hulle voortgebring het, het alreeds vrugte gedra (1:3). Hulle het die lydende, verlossende leefstyl van Jesus aangeneem; Sy lewe het hulle lewens vervang (1:6), en Sy boodskap het in hulle weerklank gevind (1:8). Ten spyte van hulle gebrek aan toerusting (wat Paulus steeds gehoop het om te voorsien – 3:10), was God Self in staat om hulle te leer deur openbaring (4:9). Paulus het volle vertroue in hulle vermoë gehad om geestelike wysheid te kon onderskei van die vervalsing van die wêreld (5:19-20). Hy kon bid dat Jesus hulle self in sy afwesigheid sterk, heilig en gereed sou maak vir Sy verskyning – en hy het verwag dat Jesus dit sou doen! (3:12-13; 5:23-24) Sy vertroue was geregverdig; teen die tyd dat hy sy tweede brief geskryf het, het die Thessalonicense se geloof en liefde steeds gegroei (2 Thess 1:3).

Kortliks, die Thessalonicense het ‘n modelkerk geword (1 Thess 1:7).

Hoe het hierdie groep “minder bevoorregte” gelowiges so ‘n graad van volwassenheid en hierdie geestelike statuur in so ‘n kort tyd bereik? Die antwoord lê opgesluit in hulle aanvanklike ontvangs van die evangelie “…hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos” (1:9-10).

Die Thessalonicense het weggedraai van afgode na God. Afgodery is die besteding van ons geesdrif aan enige geskape ding met die hoop dat ons iets van waarde of betekenis in ruil sal ontvang. Hierdie kerk het Christus ontvang deur hulle beker te ledig van alle derglike afgodery.

Die enkele lewens-agenda wat hulle aanvaar het was om die lewende en ware God te dien. Met die aanhoor van Paulus se evangelie was hulle, soos hy, oortuig “dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” Vir die Thessalonicense was Christenskap nie “brandversekering” om hulle uit die hel te hou nie; ook was dit nie ‘n self-gesentreerde fokus op die seëninge wat hulle sou ontvang nie. In die evangelie het hulle ‘n God van Lewe en Realiteit gesien, en van toe af het om Hom te ken en dien hulle eie persoonlike strewe na lewe en realiteit geword.

En hulle was wagtend op Sy seun uit die Hemel – Jesus. Hulle het goeie en getroue diensknegte geword, wie se Heer hulle voorbereid sou vind by Sy terugkeer. Hulle het die verleiding van die tydelike verwerp en hulle oë gevestig op die ewige.

Vriend, as ek en jy ‘n effektiewe openbaring van Christus in ons lewens wil ontvang, en dat hierdie openbaring sal toeneem, is daar geen ander manier nie. Ons moet onsself arm in die gees tot Jesus wend, honger en dors vir Sy geregtigheid. Ons moet genadeloos handel met enige area in ons lewe wat nie aan Sy heerskappy onderwerp is nie, want Hy kan nie iets vul wat ons vir onsself reserveer nie. As ons na Hom toe gaan, moet ons wegdraai van enige afgodery, hetsy dit ons loopbaan, familie, besittings of stokperdjie is. Hy wil ons Alles in Alles wees!

Hy ontvang almal wat Hom op hierdie wyse wil ontvang.

En julle sal My soek en vind as julle na My soek met julle hele hart.

af_hou_die.jpg jesuslifetogether.com
jesuslifetogether.com
Afrikaans Languages icon
 Share icon