GOD SE VOORNEME…… NOU!

y voorneme is “nou, deur die Eklesia”, deur ’n ware Organisme en nie ‘n groep mense wat net iets bywoon nie, maar lewens wat ineengeweef is—“belydenis van sonde die een teenoor die ander”, “mekaar se laste te dra” en “mekaar lief te hê.” Dit is die soort van lewe wat deur ander gesien kan word. Dit is die soort lewe waarvan Jesus gepraat het, toe Hy gesê het: “deur ons liefde vir mekaar”, “dat alle mense sal weet”, dit is van Bo (Joh. 13).

7/5/2008

Ek het eenmaal ‘n dokumentêr oor Albert Einstein gekyk. In die inleiding was daar ‘n sin wat iets soos volg gelees het: “So nou en dan kom ‘n persoon te voorskyn, wat die heelal deur ander oë waarneem en dan die wêreld waarin hy woon verander”. Ons wil hierdie uitdaging aan jou rig. Wees hierdie persoon wat die wêreld nie deur ‘n natuurlike oog sien nie, maar deur ‘n Geestelike oog. Stel jouself beskikbaar om uitgedaag te word om soos een van hierdie mense te wees, soos beskryf in Heb.11. Sien God se visie van ‘n woonplek van God deur die gees, met ‘n altyd toenemende heerlikheid. Sien ‘n beeld in jou gedagtes, soos wat die 11de Hoofstuk van die Boek van Hebreërs sê die gelowiges gesien het. Hulle het die Stad gesien waarvan God die Bouer en die Maker was, en daarom was hulle met niks anders tevrede nie. Hulle was nie gewillig om na die ou stad terug te keer nie. Hulle het die Hemelse Plan van ‘n afstand af gesien en al kon hulle daardie stad nie met eie hande in besit neem nie, en al kon hulle nog nie in die stad leef wat God vir hul bestem het, was hulle nie gewillig om terug te gaan nie. “Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad voorberei”.

Dieselfde uitdaging is voor jou en my. Kyk ‘n bietjie rond in die wêreld waarin jy is, en veral in die “kerk” waarin jy is, en laat die ywer vir die Huis van Vader jou verteer. Laat Sy ywer jou op só ‘n wyse verteer, dat jy gewillig sal wees om alles in jou lewe te waag om dit in jou omgewing vervul te sien. Jy sou jou lewe waag. Jy sou jou familie op die spel plaas (Ps. 69:8-9). Jy sou jou werk op die spel plaas. Jy sou enigiets waag vir die belang van God en Sy voornemens. Dit moet ons beginpunt wees. Bybels gesproke is dit die enigste Christelikheid wat daar is. Dit is nie ‘n mees populêre gedagte of idee nie, maar Rom. 4 sê: “Hulle wat die geloof van Abraham het, is kinders van Abraham “.

So, wat ookal die situasie of kerk is waarin jy is, en waar jy jou ookal mag bevind (watter dorp of woonplek jy mag hê, wat jy nou jou tuiste noem), het jy nodig om baie baie versigtig te wees, dat jy nie iets aanvaar wat God nie aanvaar nie. Moenie dit aanvaar uit traagheid, verontagsaming van die Woord van God, of ‘n gebrek aan visie, of sonde in jou eie persoonlike lewe, wat jou blind gemaak het of jou só vermink het, dat jy ontoereikend voel nie. Moenie ander toelaat wat vergenoeg is, soos in Laodicéa, om jou af te pers en te bespot tot louwarmte nie.

Miskien het iemand jou laat verstaan dat jy maar net ‘n leek is en niks het om te offer nie. Miskien dink jy dat jou opinie nie saak maak nie, omdat daar só baie wyse en geleerde mense is, so, “wat weet ek nou?” Ek wil jou graag bemoedig, wie jy ookal mag wees, jy hét iets om te offer, om aan te bied. Indien jy waarlik die Here aanroep en Hom gevra het om beheer van jou lewe te neem, dan het jy iets om te offer! As jy Hom gevra het om jou te reinig van jou sonde, het jy iets om te offer! Sy begeerte is dat van die kleinste (die minste) tot die grootste persoon Hom sou ken, en sou lewe volgens Sy raad en gemeenskap met Hom, die Hoof van alles en almal, op ‘n daaglikse basis.

So nou en dan, in ‘n baie lang tyd, kom iemand te voorskyn wat vrae het rakende die heelal waarin hul leef en wat dan ‘n verskil maak in die wêreld rondom hom. Dit is waaroor Hebreërs gaan. Dit is wat God elkeen van ons geroep het om te wees, as ons gewillig is en die moed het en in gemeenskap is met die Hoof. As ons in Hom volhard, dan sal daar baie vrug in ons lewe wees. Jy kan dié persoon wees wat ‘n verskil kan maak in die wêreld rondom jou.

Ek hoop ons het ten minste een misverstand wat die Christen samelewing ingedring het, en dit is: Om ‘n Christen te word, is die einde van die storie. En dan is om ‘n kerk volgens jou keuse “by te woon op Sondae”, maar net instandhouding totdat Jesus terugkom en jy na ‘n groot woonhuis gaan “net aan die anderkant van die heuwel”. Ek wil hierdie gedagte in totaliteit uitroei, want dit is nie wat God in gedagte het nie. God noem hierdie konsep ‘n vals godsdiens en Laodicéa, wat Hom naar maak.

Die voorneme van God is nou: “om deur die Kerk (die Gemeente) vir al die bose hemelse regeerders en maghebbers te wys, hoe alles-omvattend die wysheid van God se ewige plan is…“ Efes. 3:10.

Dit is NOU God se voomeme. Sy wil is om Sy vermenigvuldigde wysheid deur die Kerk bekend te maak. Nie net deur enkelinge wat gered is nie, ook nie deur magtelose groepe mense, wat luister na spesifieke toesprake op ‘n spesifieke dag van die week, geklee in ‘n pakklere en das, maar deur die weefsel van die lewe,—deur die gemeenskap van gelowiges wat “verbind is aan mekaar by elke ondersteunende ligament, deur mense wie se gawes só ineengeweef is met mekaar, dat hulle “lede van mekaar is.” Verstewig, “een hart, een siel, in een akkoord en met een doel.” Veg vir die visie van Handelinge van gelowiges wat nie besitlik oor hulle besittings was nie, saamgevoeg—“toegewy aan die Apostels se lering, die breking van brood, gemeenskap en gebed” en “daagliks openlik van huis tot huis beweeg het.” Verkry n visie van God se mense as ’n organisme – verenig, wat ‘n materiaal van lewens saam het en oor wie die satan en al sy demone nie kan seëvier nie. “ bywoning-gebasserde godsdiens” is goed vir die Hindus en Moslems, maar dit is nie wat Jesus begin en bepaal het nie.

Sy voorneme is “nou, deur die Eklesia”, deur ’n ware Organisme en nie ‘n groep mense wat net iets bywoon nie, maar lewens wat ineengeweef is—“belydenis van sonde die een teenoor die ander”, “mekaar se laste te dra” en “mekaar lief te hê.” Dit is die soort van lewe wat deur ander gesien kan word. Dit is die soort lewe waarvan Jesus gepraat het, toe Hy gesê het: “deur ons liefde vir mekaar”, “dat alle mense sal weet”, dit is van Bo (Joh. 13). Hy het gesê dit sal die “magte en kragte veneder”. God se voomeme is nou om “deur die Kerk” satan met al sy magte en kragte in die openbaar te verneder. En Sy voorneme, volgens die Skrif, is om “NOU” deur Sy Kerk Sy vyande ‘n voetbank van Sy voete te maak—nie net by Sy tweede koms en die Ewige Koninkryk, die afgehandelde werk van God nie, maar NOU alreeds .

Ons praat natuurlik nie van ‘n utopie nie. Ons praat nie van sosiale bedrywighede, nie van ’n “ná die duisend jaar” soort van ding, nie heerskappy-teologie nie. Nie buigbare spiere nie, maar dit gaan oor ’n kruis… Ons praat hier van mense wat ‘n ineengeweefde lewe saam lewe, die wyse waarop Jesus dit gedoen het, as die Koning van alle konings. Hy was gebore as ‘n onegte kind in ‘n krip, Hy’t gery op ‘n geleende esel, en het geen besittings van Sy eie gehad nie—geen krag, geen geleerdheid, geen politieke agtergrond, geen “skoonheid of majesteit dat enigeen na Hom toe aangetrek sou word nie.” Ons praat hier van ‘n Persoon wat op ’n baie aardse vlak binne-in die harte van mense kon kyk en hul na die kruis toe kon lei. Ons praat hier van om mense die skandaal van Sy bestaan en lewe te wys en hul op te roep om vissers van mense te word. Om deel van Sy Huis, Sy “inwoning” te word. Om lewende stene te word. “’n Volk wat nie was, maar geword het”. Dit is God se hart!!.

Neem Jesus van Nasaret aan, met ’n Koninkryk wat “nie van hierdie wêreld is nie”, nie as ‘n oorwinnaar van Rome of van watter land ons ookal in leef, of die “kerk” sisteem nie. Neem Hom net eenvoudig aan as die Timmerman Koning wat ons liefhet, ons vergewe het en Sy lewe vir ons neergelê het…en wie bereid was om die tafels in die tempel om te keer en ‘n slaanding gebruik het as dit nodig was, ter wille van die liefde wat Hy vir Sy Vader en Sy Vader se Huis gehad het.

Jesus was gewillig om die heelal te bevraagteken waarin Hy gewoon het en dit te Verander, en Hy het ons geroep om dieselfde tipe persoon te wees. Dit is nie inligting-uitsending nie. Dit is ‘n oproep tot heiligmaking en toewyding aan God se voomeme en ‘n oproep om Sy visie uit te lig in ons hart en in ons lewens. Gaan op jou knie en bid! Dit is nie ‘n oproep om net die sienlike wêreld/heelal te verander nie, maar ook om die onsienlike wêreld/heelal te verander. “Sy voorneme is nou om deur Sy Kerk Sy wysheid, die menigvuldigde wysheid van God, aan die magte en kragte” en aan alle mense bekend te maak.

So, laat die brandende kole van die altaar jou lippe en hart aanraak en skoon brand. Kyk op na God en roep uit na Hom: “Hier is ek, stuur my!”

<<<
jesuslifetogether.com
Afrikaans Languages icon
 Share icon