BOU OM STERK TE WEES

DIE MOED OM TE VERANDER

God het Sy Huis so ontwerp dat sonde verlos en verpletter kan word. God se manier van “kerk hou”, is om toe te laat dat verhoudings genees en sonde en swakhede uit die weg geruim word. Dit is die hart van God vir al Sy mense regoor die wêreld. Ons wil jul graag vertel hoe goeie mense nou hul potensiaal kan bereik.

7/5/2008

Ná tien jaar van Christenskap, sal die meeste mense wat ‘n “geestelikes”-beheerde, “op—bywoning-gebaseerde” godsdienstige lewe leef, geensins sterker wees as wat hul sou wees ná een jaar nie. Dit is nie goed nie. As ons een-jaar oue kind sou opgegroei om tien jaar oud te wees, maar nog steeds nie sterker en wyser is as op een jaar nie, dan sou dit baie hartseer wees. As jy ‘n tien-jarige kind in jou gesin sou hê wat nog steeds net so swak is as ‘n een-jarige kind, of nog steeds nie beter kan loop of praat nie as ’n een-jarige kind nie – as ’n vader of ’n moeder—sou dit jou hart breek, sou dit nie?

Hoe dink jy moet ons Hemelse Vader voel, as al Sy mense “sterk en wys” en “vol van die Heilige Gees en vol wysheid” behoort te wees, “teen hierdie tyd leermeesters” en nie langer “babas” , wat die werk van God doen—en tog is baie van ons nie sterker as “een-jariges” nie. Dit is ‘n waarheid regoor die wêreld en dit breek Vader se hart. Geen koortjies wat ons sing, of “preke” wat ons preek, kan dit verander nie, want ons het nie op God se manier Sy Huis gebou nie.

God het Sy Huis so ontwerp dat sonde verlos en verpletter kan word. God se manier van “kerk hou”, is om toe te laat dat verhoudings genees en sonde en swakhede uit die weg geruim word. Dit is die hart van God vir al Sy mense regoor die wêreld. Ons wil jul graag vertel hoe goeie mense nou hul potensiaal kan bereik. Ons kan die gawes in die Liggaam van Christus saam laat vorm in ‘n woonplek vir God, wat gevul is met God se heerlikheid.God wil ons só gebou hê, dat ons die krag van sonde in ons daadwerklike lewe gebreek sal sien en nie langer slawe van al ons swakhede sal hoef te wees nie. God se plan is om verhoudinge te bou, om nie net altyd probleme te hê nie. God het ’n wonderlike manier om Sy huis te bou met wonderlike mense. Tot nou toe het godsdiens regdeur die wêreld God se Huis meestal verkeerd gebou, met mense as baas en ”heilige” manne, “vergaderings” wat “bygewoon” word en dit as “kerk” bestempel . Ons het nie geweet hoe om te bou nie, maar nou moet ons leer hoe om dit te doen. Die Here sê “ons moet versigtig wees hoe ons bou”. Daar is besondere waarhede wat nog altyd in die Bybel was wat julle lewens gaan verander en die manier van hoe Kerk uitgedruk word sal verander, sodat ons ons Koning Jesus hoër kan lig, en só Sy droom in vervulling kan sien!

God wil Sy Huis só bou dat ons saam sterker kan wees. Hy wil Sy Huis só bou dat die poorte van die hel nie langer daarteen sal seëvier nie. Hy wil Sy Huis só bou dat verhoudings kan genees. Hy wil Sy Huis sô bou, dat Hy vrylik ons liggame, ons gedagtes en ons siele kan genees. Hy wil Sy Huis só bou, dat ons sterk en vol wysheid kan wees, sodat die Goeie Nuus van Jesus kan voortgaan, sterker as ooit tevore.

Het jy die moed om hierdie dinge aan te hoor? Sal jy die Woord van God gehoorsaam wanneer jy hierdie dinge hoor? Sal jy jou lewe verander, afgesien van wat dit jou gaan kos? As jy die moed het om in gehoorsaamheid die risiko te neem, lees dan verder.

jesuslifetogether.com
Afrikaans Languages icon
 Share icon